Ammonoidea

Ammoniet
Tydperk: 400–66 m. jaar gelede
DevoonKryt
’n Kunstenaarsvoorstelling van Asteroceras.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Ammonoidea

Ammoniete (Ammonoidea) is ’n uitgestorwe onderklas van die Cephalopoda (inkvisse). Hulle was seediere wat wêreldwyd in die Laat Paleosoïkum en die hele Mesosoïkum in groot getalle voorgekom het.

Ammoniete het ’n vlak, spiraalvormige skulp gehad wat opgebou was uit verskillende kamers. Telkens wanneer die dier te groot geword het vir die huidige kamer, is ’n nuwe, groter een gevorm. Hulle het in dié buitenste kamer geleef en die ander, ouer kamers gebruik om vertikaal te beweeg.

Die diere het in honderde soorte en variëteite voorgekom. Hul deursnee het gewissel van minder as ’n sentimeter tot meer as 2,5 meter. Die laaste lewende verwante is die Nautilidae.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search